Dirk Coster

Dirk Coster

Dirk Coster (5 Oktober 188912 Februarie 1950), was 'n Nederlandse fisikus. Hy was professor in fisika en meteorologie aan die Universiteit van Groningen.

Coster is in Amsterdam gebore. Op 26 Februarie 1919 trou hy met Lina Maria Wijsman, wat 'n graad in Oosterse tale gehad het. Uiteindelik was sy een van die eerste vroue wat 'n doktorsgraad in hierdie veld aan die Universiteit van Leiden verwerf het. Dirk en Miep het twee seuns en twee dogters (Hendrik, Ada, Els en Herman) gehad. Coster staan bekend as die mede-ontdekker van Hafnium (Hf) (element 72) in 1923, saam met George de Hevesy, deur middel van X-straal-spektroskopiese analise van sirkoniumerts. Die ontdekking het in Kopenhagen, Denemarke plaasgevind. Hafnia is die Latynse naam vir Kopenhagen.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search